Antibiotika word te vinnig, te maklik, in landbou gebruik
Die plaaslike veearts dr. Theuns Laubscher stem saam met die jongste verslae dat die oorbenutting van antibiotika in diere gelei het tot toenemende immuniteit teen antibiotika wat gevolglik tot antimikrobiese weerstand lei. Die misbruik van antibiotika kom algemeen voor in intensiewe boerdery, maar stel gemeenskappe en biodiversiteit in gevaar. Laubscher sê dit word eenvoudig ook plaaslik te maklik toegedien.