Anti-Putin advertensiebord op N1 in Gauteng verwyder

ʼn Advertensiebord in Gauteng wat by President Cyril Ramaphosa pleit om die Russiese President Vladimir Putin in hegtenis te neem wanneer hy in Augustus na Suid-Afrika kom vir die Brics-beraad, is verwyder. Die advertensiebord langs die N1 en R21 tussen Johannesburg en Pretoria versoek Ramaphosa om die Internasionale Strafhof se lasbrief vir inhegtenisname van Putin uit te voer weens bewerings van oorlogsmisdade in Oekraïne. Die EFF in Tshwane het gevra die bord moet verwyder word. Die party beweer dit is ʼn oortreding van die munisipale verordening oor buitelug-advertensies.