Annerie Maré gaan nie meer Puerto Rico toe vir Mej. Wêreld

Namibië se verteenwoordiger by die Mej. Wêreld-kompetisie, Annerie Maré, tweede prinses van Mej. Namibië 2021, het nie tot die top-40 van Mej. Wêreld deurgedring nie. Die Mej. Wêreld-organisasie het deelnemers ingelig dat slegs die top-40 deelnemers na Puerto Rico sal terugkeer vir die Mej. Wêreld-finaal wat op 16 Maart sal plaasvind. Annerie en ander deelnemers moes in Desember verlede jaar terugkeer uit Puerto Rico nadat van die deelnemers positief vir Covid-19 getoets het.