Ape bestem vir laboratorium ontsnap uit lorrie ná ongeluk

Die polisie in Amerika het tientalle ape gevang wat ontsnap het toe die vragmotor wat hulle vervoer het, in Pennsylvanië ‘n ongeluk gemaak het. Die temperatuur was naby minus-20 oornag en daar was kommer oor die diere se welstand. Geen beserings is aangemeld nie en nie al die ape het ontsnap nie. Die polisie het aan die plaaslike media gesê die ape was op pad na ‘n laboratorium.