Angolese owerhede het kommer oor tweede vlaag

Die Angolese Minister van Gesondheid Silvia Lutucuta sê 513 000 mense is tot dusver ingeënt teen Covid. Die land se inentingsveldtog het op 2 Maart begin en Lutucuta sê daar is tans ‘n toename in gevalle wat aandui dat die land binnekort ‘n tweede vlaag infeksies kan ervaar. Daar is kommer omdat beide die Britse en Suid-Afrikaanse variante teenwoordig is in die land. Kenners meen gevalle kan baie hoër wees as die 26 431 wat bevestig is. Die land het ‘n bevolking van 33,7 miljoen mense en het tot dusver net 13 727 persone per miljoen inwoners getoets. In Namibië is daardie syfer net onder 150 000.