Angola wil nie olieproduksie sny nie

Angola is nie gretig om sy olieproduksie te verminder in ooreenstemming met ‘n voorgestelde kwota deur Opul nie. Die standpunt deur Angola, ‘n Opul-lid vir die afgelope 16 jaar, is deur die land se energieminister Diamantino Pedro Azevedo bekend gemaak. ’n Produksiekwota van 1,11 miljoen vate ru-olie per dag is vir Angola voorgestel. Maar volgens Azevedo sal dit nie vir Angola werk nie. Weens die feit dat die besluit nie eenparig geneem is nie en teen Angola se standpunt is, herhaal Angola sy voorstel vir ’n kwota van 1,18 miljoen vate ru-olie vir volgende jaar.