Angola verlaat Opul oor produksie-besnoeiings

Angola het sy uittrede uit Opul aangekondig oor ‘n geskil oor produksiekwotas nadat die oliekartel verlede maand besluit het om volgende jaar uitsette verder te sny. Die land se minister van Minerale Bronne en Petroleum, Diamantino Azevedo, sê die besluit is nie ligtelik geneem nie, maar lidmaatskap van Opul dien nie meer die land se belange nie. Die presidensie sê die besluit is geneem op ‘n vergadering in die hoofstad, Luanda, waar president Joao Lourenco die voorsitter was. Angola is, saam met Nigerië, een van die grootste olie-uitvoerders in Afrika suid van die Sahara. Die land het vroeër gesê hy kan nie bekostig om olieproduksie te sny nie.