Angie sê amper 2 500 skole het nuwe infrastruktuur

Die buurland se onderwysminister, Angie Motshekga sê die departement het 2 478 skole regoor die land van sanitasie-infrastruktuur voorsien. Dít volg nadat die departement 3 398 skole geïdentifiseer het wat aan die een of ander vorm van infrastruktuur ontbreek, omdat hulle óf nie ouderdomsgepas is nie óf bloot onvoldoende toegerus is. Gedurende dié tydperk het hulle die Covid-19-pandemie gehad wat ‘n ineenstorting veroorsaak het en die uitvoering aansienlik beïnvloed het. Motshekga sê sowat 800 skole in die land gebruik steeds put-toilette: