Angie doen nie genoeg om puttoilette te vervang nie – DA

Die DA in die buurland sê die Departement van Basiese Onderwys doen nie genoeg om puttoilette te vervang en infrastruktuur by skole te verbeter nie. Minister Angie Motshegka het in antwoord op ʼn vraag in die parlement bekendgemaak die departement is besig om tydskedules vas te stel om puttoilette en skole van modder, asbes en hout uit te skakel. ʼn Woordvoerder van die DA, Baxolile Ndoda, sê met uitsondering van die Wes-Kaap, het die Ouditeur-generaal van Suid-Afrika ondoeltreffende implementering en bestuur van projekte by alle skoolinfrastruktuurprojekte uitgelig: