Andrada se litium-pogings belowend

Andrada Mining het die produksie van 10 ton verkoopbare litiumkonsentraat volgens spesifikasie vanaf sy proefaanleg aangekondig. Dit gaan Andrada se produksie uitbrei met ‘n beplande verhoging tot 250 ton per maand teen die einde van die eerste kwartaal volgende jaar. Anthony Viljoen, die maatskappy se uitvoerende hoof, sê hulle pogings het die potensiaal om Andrada aan die voorpunt van litiumontwikkeling in Afrika te plaas. Viljoen het die ontdekking van bykomende litiumreserwes in die Litiumrif en Spodumene-heuwel uitgelig, wat daarop dui dat die Erongo-streek ‘n deurslaggewende rol in die globale litiumlandskap kan speel.