Anderson uitgeskakel uit Miami Ope

Kevin Anderson is uit die Miami Ope ná hy sy tweede-ronde-wedstryd teen Juan Manuel Cerundolo van Argentinië met 6-7, 6-3 en 3-6 verloor het. Anderson het in die hooftrekking van Meesters 1000-byeenkoms as ‘n sogenaamde gelukkige verloorder beland, ná die vierde gekeurde Italianer, Matteo Berrettini weens ‘n besering onttrek het. Suid-Afrika se ander enkelspeldeelnemer, Lloyd Harris, kom vandag in die tweede ronde teen die 12de gekeurde Denis Shapovalof van Kanada te staan. Harris spog met twee oorwinnings in die ATP-toer teen Shapavalof, na hy die Kanadees verlede jaar twee keer verslaan het.