ANC word betrek by staatskaping

Die Cape Independence Advocacy-groep in die buurland sê die eerste verslag oor staatskaping wys die Wes-Kaap was reg om die ANC in ses agtereenvolgende verkiesings te verwerp. ‘n Woordvoerder, Phil Craig, sê staatskaping is egter op inwoners van dié provinsie afgedwing, ten spyte van hul teenstand en in stryd met hul demokratiese keuse. Hy voel die politieke stelsel het hulle magteloos gelaat en nie hul wense in ag geneem nie. Craig sê dit het tyd geword vir ‘n onafhanklike standpunt teen die ANC se onteenseglike betrokkenheid by onbeheersde korrupsie: