ANC wil nou swart aandeelhouding hê vir waterlisensies

Belanghebbendes in die Suid-Afrikaanse landbousektor is bekommerd oor die voorgestelde konsepwaterregulasies. Die regulasies stel vereistes van swart aandeelhouding van tot 75 persent voor vir waterlisensies. Die woordvoerder van die Landbou-sakekamer van Suid-Afrika, Annelize Crosby, sê die instelling van sulke regulasies laat vrae ontstaan oor die moontlike gevolge vir die bedryf: