Russiese soldate loop deur onder vloedwater 

Ukraine Analytica sê sy ondersoek toon dat Rusland die Nova Kakhovka-dam self opgeblaas het. Die rede daarvoor, volgens die ontledingsagentskap, was om die moontlike posisies van die Oekraïnse weermag, op eilande naby die dam, uit te wis tydens sy teenoffensief. Die dam, wat 18 miljoen kubieke meter water in het, is ook sedert April verlede jaar onder Russiese beheer en die eerste skade aan die damval is reeds in Oktober bevestig. Die agentskap sê die Russe het ‘n oordeelsfout begaan en te veel skade aangerig wat sy eie troepe erg benadeel het. ‘n Oekraïnse soldaat Andrii Pidlisnyi, wat op die toneel is, het met CNN gepraat oor wat met die Russe gebeur het.