ANC-vrouliga soek vrou as president

Die ANC-vroueliga het die feit dat vroulike burgemeesters en raadslede met mans vervang is, gekritiseer en gesê hy sal sy stryd voortsit om ‘n vrou as president van die party te laat verkies. Die liga het op Nasionale Vrouedag bekend gemaak hul stryd om ‘n vroulike president het ‘n terugslag ervaar, maar hy sal nie opgee nie. ‘n Liga-lid, Nomvula Mokonyane, sê geslagsgelykheid moet weerspieël word in die komende plaaslike verkiesing.