Helmeringhausen bied weiding vir Dordabis-boere aan

Die verwoestende weghol-veldbrande wat verlede week in die Dordabis-omgewing gewoed het, het Namibiërs van heinde en verre weer weer gewys wat menslikheid is. Bjorn Bassler, eienaar van die Helmeringhausen Hotel en Gasteplaas het na geraakte boere uitgereik en vir hul weiding vir hul vee aangebied. Hy bied weiding vir tussen 150 en 200 beeste op sy plaas aan. Bassler wat self ‘n slagoffer van ‘n veldbrand is, sê aan Kosmos 94.1 Nuus hy weet hoe dit voel.