ANC-vroueliga ondersteun Cyril met Thandi as sy adjunk

Die ANC-vroueliga se nasionale taakspan ondersteun President Cyril Ramaphosa vir ‘n tweede termyn met die minister van Verdediging, Thandi Modise, as sy adjunk. Die taakspan het gister gestem. Ramaphosa het 52 stemme gekry, Nkosazana Dlamini-Zuma sewe en Zweli Mkhize vyf. Een lid het buite stemming gebly. Die Vroueliga het in 2017 Dlamini-Zuma ondersteun. Intussen het die lid van die ANC se nasionale uitvoerende komitee en moontlike presidentkandidaat, Lindiwe Sisulu, sê dis tyd dat ‘n vrou die land lei: