ANC-vergadering bespreek nie toerismeminister se aanval op Cyril

Verskeie pogings om ‘n debat oor die Suid-Afrikaanse minister van toerisme, Lindiwe Sisulu, se aanvegbare uitlatings oor die Grondwet en die regstelsel te voer, is die naweek kortgeknip by die vergadering van die ANC se nasionale uitvoerende komitee. Volgens berigte sê die top amptenare hulle moet eers die saak bespreek, waarna die nasionale werkskomitee sal besluit of dit na die nasionale uitvoerende komitee gebring moet word. Pogings om Sisulu voor die party se integriteitskomitee te bring, het dus misluk.