Amerika en China skort vlugte oor en weer op

Die Amerikaanse regering gaan 44 vlugte van vier Chinese lugrederye na China opskort. Dis in reaksie teen die Chinese regering se besluit om sommige Amerikaanse lugdienste se vlugte op te skort weens vrese vir Covid-19. Die Amerikaanse departement van vervoer sê opskortings begin op 30 Januarie en sal tot 29 Maart duur. Die besluit raak vlugte van Xiamen, Air China, China Southern Airlines en China Eastern Airlines. Volgens China is Amerika se besluit baie onredelik.