ANC val terug na 45 persent

Met 99 persent van die munisipale verkiesing in Suid-Afrika se stemme wat klaar getel is, beheer die ANC 117 van 158 rade. Die party het meer as 4 000 setels en 45 persent van kiesers se ondersteuning. Die DA is tweede met 23 rade in sy sak en 21 persent steun. Die EFF het nie enige raad gewen nie, maar spog met 821 setels wat 10 persent van kiesers verteenwoordig. Die IVP het wel 15 rade gewen, maar het net 5 persent steun. In 65 rade is daar geen volstrekte meerderheid nie. Intussen sê ‘n Kaapstadse burgerregte-aktivis die lae stempersentasie, veral in die Kaap, lewer niks nuuts op nie. Sandra Dickson, stigter van Stop the City of Cape Town het dit so verwoord.