ANC-takke kry uitstel vir benoemings

ANC-takke het tot môre om kandidate vir sy nuwe partyleierskap te benoem. ‘n Aksieplan is uitgereik in aanloop tot die regerende party se 55ste kieskonferensie wat vanaf 16 tot 20 Desember in Johannesburg sal plaasvind. ANC-woordvoerder Pule Mabe sê ‘n spesiale vergadering van die nasionale uitvoerende komitee het besluit om die sluitingsdatum van takke tot môre te verleng. Die vergaderings waar takke kandidate vir leiersposte benoem, was veronderstel om teen 25 Oktober afgehandel te wees. Die konsolidasie van die provinsiale benoemings, topses-amptenare en 80 nasionale uitvoerende lede per provinsie, moet teen 12 November afgehandel wees.