ANC se steun neem af, 6 weke voor verkiesing

Dit is presies ses weke voor die plaaslike regeringsverkiesing in Suid-Afrika en politieke partye skarrel om so veel as moontlik steun te werf. Suid-Afrikaners stem op 1 November om die politieke leierskap van die land se 257 munisipaliteite te kies. Volgens die jongste Ipsos-peiling beplan 71 persent om te stem. Ipsos se direkteur, Mari Harris, sê die data dui ook op ondersteuning vir ‘n wye verskeidenheid partye terwyl die ANC se ondersteuning afneem:

Harris sê mense in landelike provinsies soos Limpopo, Noordwes en die Oos-Kaap is veral gretig om te stem. Sy sê Suid-Afrika het ‘n oorvloed geregistreerde politieke partye, maar min het tans meer as een-persent steun: