Vulkaan bars uit op La Palma

Nagenoeg 5 000 mense van die eiland La Palma in Spanje se Kanariese Eilande is na veiligheid geneem ná ‘n vulkaan-uitbarsting. Die vulkaan in die Cumbra Vieja-nasionale park het strome lawa, bolle rook en as die lug in geblaas. Inwoners naby die park is die afgelope week na veiligheid geneem ná ‘n waarskuwing oor ‘n moontlike uitbarsting. Die president van die eilandgroep, Angel Victor Torres, sê geen ongevalle is aangemeld nie en dit is onwaarskynlik dat nog mense uit die gebied ontruim sal word.