ANC se salariskrisis bly in die nuus

Die ANC vra vir skenkings om te help met die oplos van sy voortdurende salariskrisis. Ontevrede ANC-lede staak sedert verlede week oor onbetaalde salarisse. Die ANC het hom nou tot ‘n skarebefondsingsveldtog gewend en vra vir skenkings op sy sosiale media-bladsye. Dit het bespiegelings aangewakker oor die toestand van die party se bankrekening. Die ANC hou egter vol hy is nie in ‘n finansiële knyp nie, ondanks ‘n vroeëre brief aan lede wat sê salarisbetalings is weens kontantvloei-probleme vertraag.