ANC se NUK-lede bekommerd dat tesourier-generaal drie posisies inpalm

Lede van die ANC se nasionale uitvoerende komitee is bekommerd omdat die party se tesourier-generaal Paul Mashatile effektief drie belangrike posisies ingepalm het. Dit volg nadat President Cyril Ramaphosa voorgestel het die NUK-lid, Gwen Ramokgopa, moet Mashatile in die top-ses steun tydens die naweek se NUK-vergadering. Mashatile neem waar in twee posisie na die skorsing van die sekretaris-generaal Ace Magashule en die dood van sy adjunk, Jessie Duarte. Sommige NUK-lede het die voorstel verwerp en gesê Mashatile se mag oortree die ANC se grondwet.