ANC se dae van oorheersing getel

Die uitslae van die plaaslike regeringsverkiesing in die buurland is bekend met 97 persent van die stemme getel en ‘n amptelike aankondiging word later vandag verwag. Dis duidelik dat die politieke landskap verander het. Die ANC het 46 persent steun ontvang, die DA 21 persent, die EFF 10 persent, die IVP 5 persent en die Vryheidsfront Plus 2 persent. Dis die laagste vlak van ondersteuning wat die ANC ontvang het sedert die land in 1994 ‘n demokrasie geword het. Politieke ontleder professor Dirk Kotzé sê die regerende party se dae van politieke oorheersing is getel: