ANC-regering sal tussen 33 en 66% van Eskom se skuld oorneem

Die ANC-regering beplan om tussen ‘n derde en twee-derdes van Eskom se huidige skuld oor te neem om die kragvoorsiener se langtermyn-finansiële volhoubaarheid te verseker aangesien hy gestrem word deur sy skuld van 400 miljard Suid-Afrikaanse rand. Die minister van finansies, Enoch Godongwana, sê in sy mediumtermyn-begrotingsrede die program sal Eskom toelaat om te fokus op aanleg-prestasie en kapitaal-belegging, en verseker hy hoef nie langer op reddingsboeie van die regering staat te maak nie. Die voorwaardes van die reëling sal bepaal word deur ‘n onafhanklike hersiening van Eskom se bedryf, gelei deur die Tesourie – veral ten opsigte van die prestasie van sy opwekkingsvloot.