ANC nie desperaat om koalisies te vorm

Die ANC sê hy is nie desperaat om koalisies te vorm nie en as dit beteken die verkiesing moet in sommige munisipaliteite weer plaasvind, dan is dit hoe dit moet wees. Voormalige minister Jeff Radebe lei die regerende party se onderhandelinge. Hy het gesê die party sal verkies dat verkiesings weer binne 90 dae plaasvind in munisipaliteite waar geen party ‘n volstrekte meerderheid gekry het nie, as om net toe te gee in koalisie-onderhandelings. Die DA, IVP, GOOD en ActionSA het reeds gesê hulle gaan nie by ANC-koalisies aansluit nie.