ANC moet nog besluit oor veroordeelde president van Vroue-liga

Die ANC moet nog ‘n besluit neem oor die veroordeelde president van die Vroue-liga, Bathabile Dlamini. Die tesourier-generaal, Paul Mashatile, het die media toegespreek ná die party se Nasionale Uitvoerende Komitee-vergadering die afgelope naweek. Mashatile sê die saak sal hanteer word ingevolge die party se prosesse.