ANC moet keer teen impak van Europese oorlog

Die DA sê hy hou vol met sy pleidooie aan die regering om maatreëls in te stel wat die land se voedselproduksiestelsels sal beskerm. Statistieke Suid-Afrika se jongste verbruikersvoedselprys-inflasiesyfers, wat verlede week uitgereik is, toon die prys van stapelvoedsel – soos brood, graan, vleis en groente – het merkbaar gestyg. Noko Masipa van die DA sê Rusland se inval in Oekraïne het die afgelope 12 maande ook ’n rol gespeel in voedselprysstygings en het tot gevolg gehad dat die prys van kunsmis die hoogte in geskiet het: