ANC loop hofbevel oor beurtkrag mis, geen appèl aangeteken nie

Die ANC-regering het sy sperdatum van 31 Januarie met betrekking tot beurtkrag in sleutelgebiede misgeloop. Die hof in Gauteng het vroeër beslis beurtkrag maak inbreuk op verskeie regte wat in die Grondwet verskans is. Die hofbevel het verklaar polisiestasies, skole, klinieke en hospitale moet teen einde Januarie beurtkragvry wees. Die minister van Elektrisiteit, Kgosientsho Ramokgopa, het die regering se oorweging bekend gemaak om ‘n wettige vertolking van die bevel aan te vra. Advokaat Siphile Buthelezi sê geen appèl is namens die staat aangeteken nie: