NAC presteer uiters goed in 2022-23 boekjaar

Die Namibiese Lughawensmaatskappy het baie goed presteer onder die leierskap van Bisey Uirab. Die maatskappy het sy finansiële syfers vir die 2022-2023 boekjaar bekend gemaak by die algemene jaarvergadering en het ‘n wins van 19 miljoen Namibiee dollar aangeteken teenoor die vorige boekjaar se verliese van amper 94 miljoen dollar. Woordvoerder Dan Kamati het meer.