ANC-kantore landwyd gesluit weens staking oor laat salarisbetalings

Al die kantore van die ANC landwyd sal vandag gesluit wees terwyl die personeel oor die laat betaling van salarisse staak. Die werknemers eis ook dat die party alle bydraes wat hy aan die voorsorgfonds en die Werkloosheids-versekeringsfonds verskuldig is, onmiddellik betaal. Personeellede sê hulle staak oor die bestuur se ongenadige houding om steeds hul griewe te ignoreer wat hulle verlede maand tydens ‘n landwye staking geopper het. Die ANC se hoofbestuurder, Febe Potgieter-Gqubule, het aan die personeel gesê die betaling van salarisse vir Julie en Augustus sal ongelukkig laat wees.