ANC-jeugliga vra fokus van leiers – sê daar’s ernstige kwessies

Die president van die ANC-jeugliga, Collen Malatji, sê kollektiewe verdediging wentel rondom steun vir die kantoor van die president, nie individuele lede nie. Die party se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, het openlik erken dit was ‘n leuen om die swembad op oudpresident Jacob Zuma se Nkandla-landgoed as ‘n brandpoel te beskryf. Malatji het op die ANC se 112de bestaansviering in Mbombela, Mpumalanga, gesê die kwessie van werkloosheid het nou aandag nodig. Hy vra eenheid met die aanpak van dwingende maatskaplik-ekonomiese uitdagings waarmee jongmense te doen het.