ANC in Limpopo dien sy lys van korrupte amptenare in

Die ANC in Limpopo het in opdrag van sy Nasionale Uitvoerende Komitee ‘n lys ingedien met die name van lede wat van korrupsie beskuldig word. Dit sluit die naam van die Provinsiale Tesourier, Danny Msiza, in wat by die VBS Mutual Bank se plundering betrek word. Die party het onlangs ‘n beroep op alle provinsies gedoen om die lyste in te dien nadat die NUK besluit het dat lede wat van korrupsie beskuldig word binne 30 dae opsy moet staan. Die party se Woordvoerder Soviet Lekganyane het bevestig dat die reëling op 30 April van krag word: