ANC het kommer oor spanning in Oos-Europa

Die ANC sê hy is bekommerd oor die toenemende spanning tussen Rusland en Oekraïne. Rusland het Oekraïne verlede week ingeval. Die ANC-voorsitter van die subkomitee vir internasionale verhoudinge, Lindiwe Zulu, sê die regerende party dring aan op ‘n verbintenis tot dialoog en ‘n vreedsame oplossing vir die konflik. Sy sê die geskiedenis is besaai met oorloë wat deur onderhandeling beëindig of selfs voorkom is. Zulu sê die ANC doen ‘n beroep op die wêreld se progressiewes om seker te maak enige leed teen burgerlikes het toepaslike gevolge.