ANC het haatveldtog teen Afrikaanse skole

AfriForum in Suid-Afrika het sy oproep herhaal dat alle mense wat ernstig is oor onderwys en menseregte die Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette moet teenstaan. Alana Bailey van die organisasie sê die gereelde hersiening van onderwyswetgewing is nodig en die wetsontwerp bevat positiewe aspekte. Sy sê die probleem is egter dit word misbruik om die ANC-regering se haatveldtog teen Afrikaanse skole toe te smeer. Bailey sê meer moedertaal-moontlikhede moet vir Suid-Afrikaanse leerders geskep word, maar dit kan nie gebeur ten koste van die taalregte wat die Afrikaanse taalgemeenskap reeds het nie.