ANC gewaarsku oor uittog van bevoegde onderwysers

Die Suid-Afrikaanse onderwys-aktivis, Hendrick Makaneta waarsku die regering oor ʼn massa-uittog van bekwame onderwysers indien diensvoorwaardes in Suid-Afrika nie verbeter nie. Daar is ʼn groeiende getal Suid-Afrikaanse onderwysers wat die land verlaat om betrekkings in lande soos Brittanje en Kanada te aanvaar. Volgens Makaneta word onderwysers gelok deur die salarisse wat oorsee aangebied word, tesame met beter werksomstandighede in daardie lande: