ANC gaan besluit wat om met Zuma te maak

Die ANC se Nasionale Uitvoerende Komitee sal na verwagting die naweek besluit oor die lot van die party se voormalige president, Jacob Zuma. Hy het verlede maand aangekondig hy gaan nie vir die regerende party stemme werf of in die komende verkiesing vir die ANC stem nie. Hy het egter beklemtoon hy bly lid van die party. Zuma ondersteun openlik die pas gestigte uMkhonto weSizwe-party. Die ANC se nasionale voorsitter, Gwede Mantashe, sê tugstappe sal teen Zuma ingestel word omdat hy die party se grondwet oortree het.