ANC gaan agteruit – Mbeki

Oud-president Thabo Mbeki sê die uitslag van die plaaslike regeringsverkiesing verteenwoordig agteruitgang vir die ANC en ‘n duidelike toename in ondersteuning vir regse magte. Hy het ‘n brief van agt bladsye aan die adjunk-sekretaris-generaal van die ANC, Jessie Duarte, geskryf. Die party se steun is vir die eerste keer sedert die demokratiese verkiesing in 1994, minder as 50 persent. Mbeki identifiseer vier dringende take vir die ANC: die vernuwing van die party, maatskaplike ooreenkomste, ‘n bevoegde ontwikkelingstaat, en die nakoming van verkiesingsbeloftes.