ANC dankbaar dat Joodse rugbyspan nie aan toernooi sal deelneem nie

Die ANC steun die besluit van SA Rugby om ʼn uitnodiging aan die Israelse span, Tel Aviv Heat om aan die Msanzi Uitdaagtoernooi deel te neem, terug te trek. Die party beskou die Israelse besetting van Palestina as onwettig en onregverdig. Dit vra vir volgehoue druk op Israel om na ʼn vreedsame dialoog tot ʼn twee-staatoplossing terug te keer en om die konflik in die Midde-Ooste te beëindig. Die ANC veroordeel ook onwettige Israeli nedersettings in Palestina, wat volgens hulle internasionale reg en resolusies van die Veiligheidsraad van die Verenigde Nasies verbreek.