ANC bewys lippediens by COP26

Die Omgewingsinstituut van die Suider-Afrikaanse Geloofsgemeenskappe en Earthlife Africa sê die Suid-Afrikaanse regering bewys lippediens op die COP26-klimaatberaad. Dit volg te midde van hul voortdurende voorspraak vir kernenergie op die beraad, ondanks COP26 se standpunt ten gunste van hernubare energie. ’n Woordvoerder van die instituut, Francesca de Gasparis, sê verwarring bestaan oor die regering se planne vir die verlenging van die Koeberg-kernkragsentrale se lewensduur, maar dit lyk of hulle wel wil deurdruk met planne om dit te verleng: