ANC belemmer polisie se doeltreffendheid

Action Society sê die tekort aan ervare misdaadintelligensielede wat nie deur die ANC misbruik word nie, het ‘n groot invloed op die polisiediens se doeltreffendheid. Ian Cameron van dié organisasie sê die transitorooftog-voorval in Rosettenville in Johannesburg wys wat bereik kan word wanneer alle belanghebbendes by wetstoepassing hul rol doeltreffend vervul. Hy sê dié positiewe einde is egter net ‘n druppel aan die emmer wanneer in ag geneem word aan hoeveel geweldsmisdade gemeenskappe daagliks blootgestel word: