Ananias Shikongo wen Namibië se derde brons medalje

Die Namibiese Paralimpiese atleet Ananias Shikongo het Namibë se derde brons medalje op die Birmingham Statebondspele ingepalm toe hy derde in die T11/12 100 meter geëindig het in ‘n tyd van 10,95 sekondes. Die veteraan marathon-atleet Helalia Johannes het die eerste brons medalje vir Namibië verwerf, gevolg deur die bergfietsryer Alex Miller.