Amushelelo verstaan nie vakbonde nie – Muniaro

Reaksie word ontvang op die aankondiging deur die omstrede Michael Amushelelo wat sê hy onttrek uit arbeidsake en sal sy fokus nou plaas op kinders tussen die ouderdom van vyf en 15. Hy sê hy sal nie langer baklei vir mense wat gelukkig is met dinge soos dit is nie. Hy sê op sy sosiale media dat hy eerder sal fokus om sy rykdom verder op te bou. Job Muniaro, die sekretaris-generaal van die Nasionale Unie van Namibiese Werkers het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en sê hy verstaan Amushelelo glad nie en Amushelelo verstaan nie vakbonde nie.