Amushelelo verdedig homself in hoërhof

Die omstrede Michael Amushelelo se geldwasserysaak is vanoggend voor regter Ramon Maasdorp. Die saak handel nie oor die klagte nie maar is die aansoek van die aanklaer-generaal om sy bates te bevries. Hy verdedig die saak maar sy prokureur, Sisa Namandje het onttrek en nou sal Amushelelo homself blykbaar verdedig. Hy vra op sy sosiale media dat sy ondersteuners om half-nege by die hof saamtrek om hom te ondersteun. Intussen wag hy nog op die beslissing van regters Philanda Christiaan en Naomi Shivute oor sy appèl teen die weiering van borg. Die uitspraak sal op 14 Augustus bekend wees. Hy is oorspronklik borg geweier omdat hy die voorwaardes van borg in twee vorige sake oortree het.