Amushelelo uitspraak uitgestel… want proefleser is besig!

Regter Hannelie Prinsloo sou vandag uitspraak lewer in die hoërhof oor die tydelike interdik wat sy teen Michael Amushelelo ingestel het ten gunste van Namib Mills. Die uitspraak sou of die interdik permanent maak of ter syde stel. Die uitspraak is egter uitgestel tot Maandag, want – wag daarvoor – dit moet nog geproeflees word. Die interdik het gevolg op Amushelelo wat laat in Maart amok by die maatskappy gemaak het en Namib Mills vra onder andere, dat hy verhoed word om enige van hulle persele te betree.