Amushelelo sê môre se optog gaan voort

Die arbeids-aktivis Michael Amushelelo het ‘n beroep op werklose jeug in die land gedoen om môre, op Onafhanklikheidsdag, op te staan teen werkloosheid in die land. Die polisiehoof, luitenant-generaal Joseph Shikongo het hom gevra om nie die optog te hou nie. In sy mening hou dit verband oor kommernisse vir sekuriteit op onafhanklikheid maar Amushelelo sê hy gaan voort. Hy vra vir ‘n vreedsame optog en dat mense om sewe-uur môreoggend bymekaar moet kom.