Amushelelo, Nauyoma eis verduideliking van BoN oor ondersoek

Michael Amushelelo en Dimbulukeni Nayoma het hul regstverteenwoordiger, Kadhila Amoomo gevra om deur middel van ‘n regskennisgewing inligting te eis by die Bank van Namibië oor hul ondersoek na hul Property Group Save Namibia-maatskappy. Amushelelo is volgens berigte woedend omdat daar geen kennisgewing gegee is aan hulle dat die bouvereniging ondersoek word nie en dat hul beleggers daarvan moes uitvind na media berigte. Luidens die woordvoerder van BoN, Kazembire Zemburuka, word die bedrywighede van die maatskappy geassesseer om te bepaal of hy aan wetgewing voldoen. Zemburuka het vroeër aan plaaslike media bevestig dat die maatskappy nie by die bank, ingevolge die wet, geregistreer is nie. Volgens wat berig word het kopers van huise wat deur die bouvereniging gebou word, tien jaar om lenings terug te betaal sonder enige rente en nie deur ‘n kommersiële bank nie. ‘n Tien-persent deposito is betaalbaar.