ANC sal beywer vir ‘n meerderheid

President Cyril Ramaphosa sê die ANC sal hom beywer vir ‘n volstrekte meerderheid in die komende verkiesing, om stabiliteit te verseker en vooruitgang in die land te handhaaf. Die Inclusive Society Institute sê hoewel ANC-steun onder stemgeregtigde kiesers tot 33 persent gedaal het, sal dit waarskynlik nog ‘n regering kan vorm, maar dis onwaarskynlik dat die party ‘n meerderheid sal wen. Ramaphosa het gister tydens die slotrede van die ANC se Nasionale Uitvoerende Komitee Lekgotla in Ekurhuleni gesê, hulle sal hulle veldtog na elke uithoek van die land neem: